Strategiese bestuur

Strategiese bestuur is 'n onderdeel van die bedryfsekonomie wat homself op die ontwikkeling, beplanning en bereiking van inhoudelike doelwitte en posisionering van organisasies toespits. Strategiese bestuur het gewoonlik 'n tydsbestek van tussen twee en vyf jaar.

Die term strategies staan in die algemeen nie gelyk aan langtermyn nie, alhoewel strategiese planne dikwels oor 'n langer tydperk uitgevoer word. Vanweë die groot ooreenkomste met nou verwante ekonomiese vakgebiede soos produkbeleid en die groot betekenis wat die belangegroepe binne 'n organisasie aan die onderwerp heg, korrespondeer strategiese bestuur in baie opsigte met die term sakebestuur.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search